Eiendom met baie ekonomiese ontwikkelings moontlikhede. Groot ±15.96 Ha. Mooi natuur en uitsig bied rustigheid in goeie omgewing. Eiendom kan ontwikkeling en bestuur word as ekonomiese eenheid. Beskik oor ±10Ha besproeiingsregte uit standhoudende fontein, skoon water, groot opgaardam. ±10Ha goeie lande met moederlyne en koppelpunte. ±170 neutbome (kort aandag). Boorgat toegerus, maar maak hoofsaaklik van fontein water gebruik.
Die volgende verbeterings is op die eiendom.:
1. Hoofwoonhuis grasdak, 5 slaapkamer, oopplan, 2 badkamers, swembad, gronddam.
2. By woonhuis is 1 slaapkamer woonstel met geriewe en 5 x toesluit Motorhuise as eenheid.
3. ʼn Tweede 3 slaapkamer huis grasdak woonhuis, 2 badkamers, oopplan, dubbel motorhuis ±
15 jaar terug gebou plus alle geriewe.
Groot tuin met besproeiing, NB bogenoemde eiendomme is veiligheids omhein en geëlektrifiseer.
4. 1 Toegeboude sink/staal skuur met 2 Eskom kragpunte.
Eiendom sentraal geleë, geriewe maklik bereikbaar asook verskeidenheid wooneenhede toegerus met staande kragopwekkers en ontspanningsgeriewe.