Afgelee amper 6ha plot met stewige akkomodasie, skuur, elektrisiteit, boorgatwater en kampe.
Afgesien van die 3 slaapkamer hoofhuis, beskik hierdie eiendom oor 'n feitlik voltooide 3 slaapkamer woonstel waarvan die installasie van die badkamer en kombuis gedoen moet word (meeste van materiaal ingesluit).
'n Groot pluspunt is die +- 250 m2 toe stoor, wat altyd welkom is.
Kampe van verskillende groottes kom voor.
Die plasie is ten volle toegespan, waarvan ongeveer die helfte met 1,8m hoe draad.
n Spruitjie vind sy weg deur die eiendom en dra by tot 'n baie rustige landelike atmosfeer.