1146 ha Game Farm For Sale in Rustenburg Rural

R 19,950,000

Property Description

Ontsnap die stad se gejaag en ontdek die rustige leefstyl van Bontle Motsweding, 'n Idilliese stukkie paradys geleë slegs 10km noord van Derby in die Noordwes Provinsie. Die eiendom bied 'n lieflike rustigeheid met die majestueuse Magaliesberge as jou agtergrond.

Hierdie unieke eiendom bestaan uit drie individuele aangrensende plaasgedeeltes om 'n gekombineerde plaas van ±1141 hektaar te vorm.

Die wildplaas is onderverdeel in 11 kampe met die golwende landskap waar jy en jou gesin 'n ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora kan ervaar. Hierdie pragtige wildplaas het meer as 56 verskillende grasspesies, 22 boomspesies en 'n rykdom van meer as 30 dierspesies. Daar is ook 'n oorvloed van voëlspesies om te bewonder en te geniet.

Dit is geskik vir wildboerdery, jag, en selfs as 'n gasteplaas en velle meer. Die plaas bied 'n lieflike bosveld-omgewing, gemengde bosveldweiding, kampe met water, binne-teelkampe, en is ideaal vir bees- en boerbokboerdery. Die eiendom word tans gebruik as 'n kommersiële wildsplaas met 'n geldige vrystelling permit, en jagters en gaste besoek die eiendom gereeld.

Die hoofwoonhuis is ± 710 m² met moderne, duursame grasdak, 7 slaapkamers, 3 volledige badkamers, 2 gaste-badkamers, swembad en jacuzzi met 'n asemrowende uitsig.

Die eiendom beskik ook oor ‘n toesluitmotorhuis en grasdak parkeerplek.

Die voormanwoning is ±164m² met 'n patio, motorhuis en motorafdak.

Belangrike kenmerke van die eiendom sluit in ± 70km binne-paaie, 5 boorgate, 3 gronddamme en 5 sementsinkdamme. Daar is ook 4 jagtershutte, waarvan 2 en-suite oornag fasiliteite is en twee groot oornag kamers is. ‘n Kombuis, toilet en stort vir jagters om te deel, 6 hutte geskik vir boogjaag. Skietbaan met ablusieblok, braai en bankie.

Slagverwerkingsfasiliteite, ablusieblok, stoor, implemente, hanteringsfasiliteit vir beeste asook 'n rykdom van wild, met ± 18 spesies

Tans betaal die eiendom al sy oorhoofsekostes, met min aanpassings kan eiendom winsgewend wees.

Bontle Motsweding word as 'n lopende saak verkoop en bied drie aantreklike koopopsies as aanvaarbare opsies:

1. Die grond, geboue, wild, en alle los bates, insluitend meubels, implemente en voertuie teen 'n prys van R23 100 000 (BTW uitgesluit).

2. Grond en geboue sonder enige bates of wild teen 'n prys van R19 950 000 (BTW uitgesluit).

3. Enige belangstellende koper kan aanbod wysig met uithaal en byvoeging van seker bates binne redelike perke.

Gryp hierdie ongelooflike geleentheid om jou eie stukkie paradys in die Bosveld te besit. Kontak ons vandag nog om 'n besigtiging te reël en jou drome werklikheid te maak.

800 m² 6 Bedrooms 4 Bathroom 2 Garage

Additional Info

Rates R 4,000

Property Features

  • 6 Bedrooms
  • 4 Bathrooms
  • 2 Garages
  • 2 En Suites
  • 2 Lounges
  • 2 Dining Areas
  • Pets Allowed
  • Furnished
  • Staff Quaters
  • Built In Cupboards
  • Access Gate
  • Patio
  • Storage
  • Pool
  • Kitchen
  • Built In Braai
  • Entrance Hall
  • Paving

Contact Agent

Frik Geyer

Manager

Share this Property