Bosveld eenheid met verskeie moontlikhede groot ± 73 Ha. Prys onderhandelbaar, hereregte betaalbaar. Plaas sentraal geleë ± 15 km vanaf Rustenburg, geskik vir algemene boerdery. N4 maklik bereikbaar, uitstaande natuur, onverbeterde uitsig oor die Magaliesberge en bosveld. Groot verskeidenheid inheemse groot bome met goeie weiding. Verdeel in 2 wildskampe met goeie binne paaie. 3 x Aparte titel aktes wat eenheid vorm. Geen deur paaie en deur loop na aangrensende eenheid nie. Veiligheid volgens die eienaar baie goed. 4 x Boorgate,1 x toegerus- vaste verbeterings. 5 x Slaapkamer woonhuis ± 500m² met 5 En-suite badkamers, Ooplan 2 kombuise, Solar en gas installasies, diefwering groot ruim leefarea's dubbelverdiepings groot stoep, swembad, veiligheidsomheining. 2 de 3 Slaapkamers woonhuis (kort aandag). Vee hanterings geriewe, groot skuur. 3 de Woonhuis 4 slaapkamer eenheid waarvan slegs 'n gedeelte onderhoud kort. Daar is in totaal 2 Eskom 3 fase krag punte.