Bosveld Natuur Ontspanning en Potensiele Wildsplaas
Golwende natuur met kloof en kranse in sig, seisoenale fontein, groot verskeidenheid inheemse groot bome, verskillende wilde vrugte, onverbeterde uitsig oor aangrensende plase, gemengde bosveld weiding, gifplante kom voor. Hierdie is 'n erfplaas, hoofsaaklik met beeste tot onlangs geboer was. Plaas geskik as wildsplaas met reeds 50% wild omsein. Twee titel aktes ±300Ha vorm 'n eenheid. Hoof Boshoek teerpad skei ±4Ha van die groot gedeelte, waaropverbeterings aangebring is. Eiendom is geskik vir gasteplaas, staproetes, 4x4 en wildsplaas.