Wild & Bees Plaas groot : 774 ha. Ten volle ontwikkelde Wilds plaas,nuwe draad en geëlektrifiseerd. 90 % gelyk bosveld ± 10 % randjie met mooi natuur en rustig. Mooi groot verskeidenheid Acasia bome, groot deel van plaas is oop gras vlaktes. Grond bedekking is uitstekend met verskeidenheid soet bosveld weiding. Grond bestaan uit rooi leem, grys turf en kleigrond. Drakrag tans hoe standaard is 7-8 ha per groot vee eenhede. Verdeel in 5 kleiner wild kampe,verskeie bees kampe is ankerpale. Staan boma vir wild, Wild vrystelling ook vir Buffels. 2 Boorgate 1 toegerus 6000 lpu getoets, 1 sement dam 1 gronddam . 4 Slaapkamer goeie woning 2 badkamers plus alle geriewe, staal skuur toegebou ± 130m² volledige slaggeriewe. Rondawel,2 werkershuise, Eskom krag. Wild ± 430 stuk wild 12 spesies . Verskeie klein wild en ryk voël lewe. Trekker en implemente uitgesluit. ± 25 Buffels afsonderlik beskikbaar ( Nie Ingesluit )