Ruim woonhuis geleë in 'n goeie deel van die dorp met 3 slaapkamers, 2 badkamers, waarvan een En-suite is, ruim oopplan kombuis, sitkamer, eetkamer en opwas area. Die vloere is teëls en die kamers het matte.
Die twee sykante groot oop stoep bied 'n lekker buite-leef area. Die oond is krag en gas en daar is 'n buite braai op die stoep. Die buite toilet is ekstra gerieflik. 'n Groot tuin met 'n verskeidenheid plante en water tenk met druk pomp. Die erf is ±1046m² omhein. Die huis beskik oor 3 toesluit Motorhuise en ‘n afdak vir 2 motors.
Min verkeer in die omgewing en uitstekende veiligheid met 'n ingeboude alarmstelsel.